| Fourie, Megan Ek sien so uit om deel te word van n nuwe skool, en om nuwe vriende te maak. Ek kan nie wag vir al die nuwe dinge wat ek gaan leer en ervaar nie. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Spaghetti bolognaise Wat laat jou altyd lag, selfs op ’n slegte dag? Om n snaakse video te kyk dit laat my altyd lag As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Behandel elke persoon met respek en empatie, ongeag hul ras, geslag, kultuur, geloof, taal, of agtergrond. Wat is jou grootste droom of begeerte in die lewe? Om goed te doen in my studies , sodat as ek eendag werk, n goeie werk kan he en goeie geld kan verdien Waarvoor, hoop jy, sal mense jou eendag onthou? Dat ek altyd vriendelik was, en dat ek altyd die mense wat in nood was gehelp het. Vir my goeie en mooi hart🩷 Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? If You Believe | Official Music Video feat. Patch Crowe |