Marais, Danielle
Waarna sien jy die heel meeste uit as Welpie van 2026?
Ek sien baie uit vir die Helpie gees en om nuwe vriendinne te maak. Ek sien ook uit om deel van die Helpie-magic te wees en dit met my eie oë te sien.My ouer boetie is huidiglik in Gr 9 en hy vertel vir my baie oor die skool en dit maak my net ongelooflik opgewonde om amptelik ń Helpie te wees. Ek sien uit vir die hoërskool uitdagings en om myself te sien groei! Ek kan nie wag nie!

As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees?
Chicken broccoli bake en two minute noodles

Wat laat jou altyd lag, selfs op ’n slegte dag?
My vriendinne, my pa, en my ouer boetie.

As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees?
Niemand mag kwaadpraat, kla of oordeel vir 24 uur nie.

Wat is jou grootste droom of begeerte in die lewe?
Om die wêreld te reis en moontlik eendag ń Protea netbal speler te word.

Waarvoor, hoop jy, sal mense jou eendag onthou?
Dat ek ń positiewe verskil gemaak het in hulle lewe en dat ek iemand was vir hulle met wie hul altyd kon praat.

Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy?
Iris - Goo Goo Dolls.