| Pretorius, Christiaan Ek sien uit om nuwe vriende te maak en nuwe uitdagings te kry. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? 'n hamburger. Wat laat jou altyd lag, selfs op ’n slegte dag? Snaakse goed wat my vriende altyd vir my sê. As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Om nie rommel rond te gooi nie. Wat is jou grootste droom of begeerte in die lewe? Om suksesvol in die lewe te wees. Waarvoor, hoop jy, sal mense jou eendag onthou? Vir my talent om almal te laat glimlag. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Listen to your heart, deur Roxette. |