| Ackroyd, Wehlia Ek sien die meeste uit na Helpmekaar vir nuwe geleenthede, avonture & ervarings. Ek sien uit na nog nuwe vriende maak. Kultuur aktiwiteite, sport dae & spesiale funksies wat vir altyd herinneringe sal wees! Ek sien uit om meer verantwoordelikheid te leer dra, my beste te gee, my eie keuses te maak, onafhankliker te wees. Ek sien uit om my talente, sterkpunte en drome beter te ontwikkel en te ontdek. Ek sien ook uit na al die groot oomblikke van my eerste toneel produksie, konserte, eerste wedstryd tot my matriekafskeid wat my skooljare onvergeetlik sal maak. Ek sien uit om almal te ontmoet! Bo alles sien ek Hoërskool as n tyd waar ek leer, groei en my beste self word! As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Smoothies!! Vrugte slaai!Wraps..Smoothies eerste! Wat laat jou altyd lag, selfs op ’n slegte dag? Goeie humorsin: As my kat koerant papier opskeer! As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Almal moet mooi wees met mekaar! Wat is jou grootste droom of begeerte in die lewe? Die beste mens te kan wees wat ek kan wees! Gelukkig & suksesvol te kan wees. Iets te kan bereik waaroor ek trots is en om n positiewe verskil te maak! My volle potensiaal te bereik, my drome te volg en besonderse herinneringe te kan maak. Die lewe voluit te leef! Waarvoor, hoop jy, sal mense jou eendag onthou? Goeie hart, Harde werk, lekker grappe, iemand wie n verskil maak, inspirerend & n goeie vibe! En opreg! Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? I Lived - One Republic |