| Wilken, Luhandri Ek sien baie uit vir die Gees en al die pret wat ek gaan hê. Om nuwe vriende te leer ken en al die nuwe, verskillende vakke wat nou gaan bykom. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Pasta Wat laat jou altyd lag, selfs op ’n slegte dag? My vriende As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Dat niemand bo iemand anders gekies word nie en dat almal mekaar dieselfde hanteer. Ons almal het dieselfde waardes in die lewe. Wat is jou grootste droom of begeerte in die lewe? Om die beste van myself te kan wees. Die werk te doen wat my gelukkig gaan maak en waarvoor ek lief is. Om altyd sportief te wees. Waarvoor, hoop jy, sal mense jou eendag onthou? Die meisie wat die beste van elke oomblik gemaak het wat sy kon en altyd positief was maak nie saak wat nie. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Paradise van George Ezra |